






 |
Down Memory
Lane.
This is from Bob, for you to use as you feel would be
appropriate, with Great Appreciation and Thanks to you,
Peanuts and Piet, and all the People and Club-Members who
gathered at Stanford last weekend.
To turn back the clock for the best part of 80 years for a
few hours, in the house of one’s childhood, is a frightening
experience.
Some memories come flooding back and a piece of wall is
instantly recognised, but then there are so many things that
get changed over the years, that confuse the other memories
which are trying to surface.
One thing is for sure – I had a happy and educational
upbringing in a calm and peaceful country village and have
my parents and their friends to thank for that!
Stanford is still next to the Klein River, where I learnt
about canoes and boats when not busy with “wheels” of some
kind.
The weathercock on the church steeple across the road is
strangely missing. Perhaps the bullet from my rifle that hit
it in 1946 ricocheted
Too close to the police who forced me to pay a 3 pound fine
– and it has decided to retire.
Many things, like the Norfolk Pines and the Wind charger and
the Water-tanks are also missing, but that also helped to
make the trip worthwhile.
Thanks GSM Club & Dedicated Members.
Best regards,
Bob.
Nuusbrief aan GSM. - Herringeringe – Mylpale.
Gedwing om na 80 jaar om te draai en te gaan kyk hoe dit by
1 tot 18 gelyk het!
Stanford is nog steeds op dieselfde plek, langs die
Kleinrivier, maar nou is die strate geteer en die huise
opgeknap en gerestoreer, amper te skoon en netjies na my
smaak.
Die leivore is nog daar en daar is sprake van dit weer te
gebruik vir die tuine agter byna elke huis.
Die ou huis oorkant die kerk is baie verander maar genoeg
vensters en stukke muur het behoue gebly om dit herkenbaar
te maak.
Die ou sinkplaat watertenke wat ons drinkwater voorsien het
is weg, asook die “windcharger” en hoe lugdraad om BBc en
SEEZEN op te vang,
Gevaarlik om te doen in die oorlogtyd, waneer die polisie
praat van konsentrasie kampe, ens.!
Die haan op die kerktoring wat ek met die geweer raakgeskiet
het, is nie mer daar nie. Mnr. Beets, die polisieman was
amper getref met die
Koeel se terugslag en hy het ‘n dagvaarding aan my gestuur
in 1946 en ek moes 3 pond skuld-erkenning betaal uit
myskaars spaargeld – les
geleer!
Ek besef nou eers hoe bevoorreg ek was om in so ‘n stabiele,
kalm huis en omgewing groot te word, terwyl ek van alls en
nogwat geleer het – alles wat wiele het- op water kan dryf –
water kan lei en sien hoe dit vloei. Elektrisiteit met
windlaaiers en klein petrol enjins – voorwaar van waarde
waneer motors en bote se ontwerp my lewe geword het.
Popular
Mechanics was ons leesstof! Die kano wat my Pa gebou het uit
hout en seil wat met linsaad-olie waterdig gemaak is, het
maklik geroei met 2 of 3 mense en goeie spoed gehad op kalm
water.
Ek het ‘n
propeller in aluminium gegiet en met die hand afgewerk om
die Briggs & Stratton die werk te laat doen! Toe kon ons
selfs in die see by Skulpiesbaai gaan galjoen vang met die
kano.
“n blik-boot was minder suksesvol, maar nog lesse is geleer
wat later jare ingekom het.
Groot
waardering vir die club-lede en ander wat verlede Saterdag
‘n heerlike dag vir ons gemaak het.
Groetnis,
Bob. |




 |